Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom vs. tesourie: Lynne Brown maak stem dik
Lynne Brown. Foto: Argief

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het Dinsdag haar voet neergesit en Eskom beveel om onmiddellik die inligting oor sy steenkoolkontrakte met Tegeta Exploration & Resources aan die tesourie te verskaf.

Die tesourie wil hê Eskom moet kommentaar lewer op ’n tesourie-verslag oor die steenkoolkontrakte wat al in April voltooi en vir kommentaar aan Eskom gestuur is. Die tesourie wag ook nog op ’n stelsel-gegenereerde lys van betalings wat Eskom aan Tegeta gedoen het.

Dit kom te midde van ’n openbare heen-en-weer-stryery tussen die tesourie en Eskom oor Eskom se samewerking al dan nie oor die tesourie se ondersoek na die steenkoolkontrakte.

Brown het op die radiostasie 702 gesê sy is bekommerd dat die stryery tussen Eskom en die tesourie daarop kan uitloop dat Eskom deur die kredietgraderingsagentskappe afgegradeer word.

Volgens berigte in die Sunday Times het die tesourie se ondersoek bevind Eskom het meer as R130 miljoen aan Tegeta betaal het vir steenkool waarvan die gehalte nie goed genoeg was om te gebruik nie.

Tegeta is ’n mynfirma wat deur die omstrede Gupta-familie besit word wat noue bande met pres. Jacob Zuma het, maar wat die naweek aangekondig het hulle gaan teen die einde van die jaar al hul belange in Suid-Afrika verkoop.

“Ek en die tesourie moet die kwessie oplos,” het Brown in die radio-onderhoud gesê.

– Reuters

Meer oor:  Tegeta  |  Eskom  |  Lynne Brown  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.