Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom: Druk op netwerk 'baie' erg

Die druk op die kragnetwerk is teen Dinsdagmiddag "baie" erg.

Eskom waarsku Dinsdagmiddag dat sake al hoe slegter lyk. Dit volg na hy reeds Maandagaand gewaarsku het hy het probleme.

Hy herhaal Dinsdag sy vorige waarskuwing in ’n verklaring wat op Twitter gelaai is dat hoewel hy nie verwag om beurtkrag in te stel nie, die netwerk tot Donderdag “erg” onder druk gaan wees.

Die kragvoorsiener sê van sy eenhede het oor die naweek “onverwags” onklaar geraak en dat dit die rede vir die hernude druk is.

Eenhede wat onbepland onklaar raak, is veel meer as die kritieke vlak van 9 500 MW en noodsaak dus die “uitgebreide gebruik” van noodhulpbronne soos water en diesel.

Luidens die verklaring het eenhede wat onbepland onklaar geraak het, vroeg Dinsdagoggend 12 500 MW oorskry. Dit het teen 10:00 Dinsdagoggend glo weer tot 10 500 MW gedaal. Dit is egter steeds hoër as wat Eskom as "die kritiese vlak" beskryf. 

Eskom vra dat mense elektrisiteit spaarsamig moet gebruik.

Die waarskuwing volg kort op die vyf dae van beurtkrag wat die land in Oktober geteister het. Toe het vyf van sy eenhede onklaar geraak.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.