Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom waarsku oor krag ná 2 eenhede uitskop

Die kragnetwerk is onder erge druk nadat twee opwekkingseenhede wat altesame 1 300 MW krag kan opwek, uitgeskakel het, waarsku Eskom.

Laai jou selfoon en trek die kerse nader... Foto: Unsplash

Die nutsmaatskappy sê ’n eenheid by Medupi naby Lephalale in Limpopo en by Tutuka naby Standerton in Mpumalanga het vroegaand uitgeskakel.

Eskom doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om alle onnodige toestelle af te skakel om krag te probeer bespaar.

Die risiko van beurtkrag gaan tot ná die naweek voortduur, luidens die verklaring. Eskom-spanne is hard aan die werk om die foute reg te maak, luidens ’n verklaring.

Die afgelope weke waarsku Eskom elke aand klokslag om 18:00 van druk op die netwerk, deur middel van waarskynlik ’n geskeduleerde twiet. Dit word saans om 21:00 opgevolg deur ’n twiet wat verbruikers gerusstel dat die druk op die netwerk verlig is.

André de Ruyter, uitvoerende hoof, het vroeër in die parlement gesê hulle voorsien net drie dae beurtkrag dié winter, waarskynlik in Julie.

Suid-Afrika het laas in Maart beurtkrag beleef.

Die Covid-19-verwante inperking het die vraag na krag aansienlik verlaag.

Meer oor:  Eskom  |  Medupi  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.