Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom-werkers skik oor lone
Die staking by Eskom is afgeweer na daar Vrydag tot in die vroeë oggendure onderhandel is oor lone.

’n Potensieel ontwrigtende staking by Eskom is afgeweer ná ’n marathon-onderhandelingsessie wat eers Vrydagoggend vroeg afgehandel is.

Khulu Pasiwe, Eskom-woordvoerder, het Vrydagoggend laat weet ’n loonooreenkoms is danksy bemiddeling van die Kommissie vir Versoening Bemiddeling en Arbitrasie deur die vakbonde NUM en Solidariteit onderteken.

Dis vir ’n verhoging van tussen 8,5% en 10%, met die werkers wat die laagste besoldiging kry wat vanjaar ’n 10%-verhoging kry.

In die tweede jaar kry al die werkers ’n 8%-verhoging.

Pasiwe sê die vakbond Numsa het nog nie die ooreenkoms formeel onderteken nie, maar het dit wel in beginsel aanvaar.

Die NUM is reeds aan die gang om al sy sowat 15 000 lede te mobiliseer om weer terug te keer werk toe.

Dit was ’n spanningsvolle week vir Eskom en sy werkers nadat Eskom Dinsdagnag ’n dringende hofaansoek gekry het om die staking van meestal NUM-lede as ’n onbeskermde staking verklaar te kry.

Dit sou beteken werkers kon aangekla word omdat hulle onwettig staak.

Kraglewering word as ’n beskermde bedrywigheid bestempel waar werkers nie mag staak nie.

Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, sê hul lede is “uiters tevrede met die goeie aanbod wat Eskom op die tafel geplaas het”. “Dit is een van die beste aanbiedinge wat Eskom tot nog toe gemaak het.”

Benewens die verhogings is die behuisingstoelae van R2 600 met 10% verhoog, toelaes word met 5,6% verhoog, en Eskom bied voortaan vyf maande se betaalde kraamverlof.

In die tweede jaar sal die behuisingstoelae met R140 tot ’n totaal van R3 000 per maand verhoog.

Meer oor:  Num  |  Eskom  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.