Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom wil lening van R15 mjd. verleng

Eskom en die nasionale tesourie onderhandel met banke om ’n lening van R15 miljard wat in Februarie 2019 aangekondig is te verleng. Die lening word deur die staat gewaarborg.

Electricity pylons stand as emissions rise from th
Eskom het skuld van meer as R450 miljard en kan nie genoeg inkomste genereer om sy bedryfskoste te dek nie. Foto: Getty Images

Die banke is traag om die lening te verleng weens Eskom se beroerde geldsake, maar dit is dringend nodig om Eskom aan die gang te hou, het twee bronne wat bekend is met die onderhandelings aan Bloomberg te kenne gegee.

Dit is nie duidelik of Eskom al die volle R15 miljard van die aanvanklike lening gebruik het nie.

Eskom het skuld van meer as R450 miljard, kan nie genoeg inkomste genereer om sy bedryfskoste te dek nie, en stel gereeld beheerde kragonderbrekings in weens onvoldoende besteding aan instandhouding wat daartoe lei dat kragstasies breek.

Die gesprekke oor die verlengde lening sal nog in Januarie afgehandel moet word, sê die bronne.

Met die aanvanklike aankondiging verlede jaar oor dié lening het Eskom nie bekend gemaak watter banke die finansiering verskaf nie.

“Eskom en die regering onderhandel met die banke en die gesprekke is vertroulik,” sê die tesourie in antwoord op e-posnavrae.

Eskom wou nie kommentaar lewer nie.

Standard Bank het laat weet hy sal konstruktief en pragmaties in die onderhandelingsproses betrokke wees sonder om gesonde bankbeginsels oorboord te gooi. Absa, Nedbank en Rand Merchant Bank wou nie enige kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Nedbank  |  Absa  |  Standard Bank  |  Rand Merchant Bank  |  Eskom  |  Tesourie  |  Bankbedryf  |  Elektrisiteit  |  Banke  |  Staatsondernemings  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.