Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom wil ou kragstasies nou eers later afskakel

Eskom oorweeg dit glo om drie van sy oudste steenkoolkragstasies nou eers in 2030 finaal af te skakel.

Die Hendrina-kragstasie in Mpumalanga. Foto: Eskom

Eskom het voorheen gesê dat hy beplan om die Grootvlei-, Camden- en Hendrina-kragstasies tussen 2020 en 2026 af te skakel. Hulle is tussen 1960 en 1970 gebou.

Die voorstel om die kragstasies langer te gebruik, is deel van ’n voorlegging deur Eskom aan die Sentrum vir Omgewingsregte.

Eskom het nie onmiddellik gereageer op ’n versoek om kommentaar nie.

“Weens die huidige beperkings in terme van kapasiteit en om ander kragstasies die geleentheid te gee om instandhouding te doen, is daar besluit om tot 2030 voort te gaan met die bedrywighede by Grootvlei, Camden en Hendrina.

“Ondersoeke hieroor is aan die gang,” lui die voorlegging.

Die besluit wek kommer oor Suid-Afrika se verbintenis tot die vermindering van die vrystelling van kweekhuisgasse en ander besoedelende stowwe. Eskom produseer ongeveer 95% van die krag van Suid-Afrika, en die meeste daarvan kom van sy 15 steenkoolaangedrewe aanlegte. Suid-Afrika se kweekhuisgasvrystellings stem ooreen met dié van die Verenigde Koninkryk, waarvan die ekonomie agt keer groter as dié van Suid-Afrika is. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Eskom  |  Hendrina  |  Elektrisiteit  |  Steenkoolkragstasies  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Steenkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.