Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom wil Wêreldbank se arm draai oor besoedeling

Eskom wil die bepalings van sy Wêreldbank-lening van $3,75 miljard verbreek sodat hy nie geld hoef te bestee om die koolstofvrystellings deur die Medupi-kragstasie te verminder nie.

Eskom se onvoltooide Kusile-steenkoolkragstasie in Mpumalanga. Foto: Getty Images

Die 2010-lening is gebruik om die konstruksie van Medupi, ’n steenkoolkragstasie wat uiteindelik 4 764 MW sal kan opwek, te help finansier. Die lening bevat ’n “wetlike ooreenkoms” dat Eskom teen 2025 tegnologie vir ontswaeling – sogenaamde flue-gas desulfurisation (FGD) – by die aanleg moet installeer.

“Hierdie is interne oorwegings wat met ons belanghebbendes en vennote bespreek word, met die Wêreldbank en regering die belangrikste van hulle,” het Eskom in antwoord op vrae gesê.

“Eskom het al informele gesprekke met die Wêreldbank gehad, maar geen verbintenis is gegee of besluit is geneem nie.”

Eskom, wat nagenoeg 95% van Suid-Afrika se krag opwek, sukkel om die paaiemente op sy R454 miljard skuld te betaal. Hy sê die FGD-toerusting sal R42 miljard kos.

Die besoedeling deur Eskom is egter nou die onderwerp van ’n hofsaak. Volgens studies van Eskom en onafhanklike kenners veroorsaak die kragreus nagenoeg tussen 300 en 2 000 sterftes per jaar.

Die Wêreldbank het in antwoord op vrae gesê enige verandering oor FGD by Medupi sal sy toestemming vereis. “Ons verstaan dat Eskom dalk alternatiewe oplossings ondersoek, maar die Wêreldbank het nog nie ’n voorstel ontvang nie.”

Swaelstofdioksiedbesoedeling veroorsaak asemhalingsiektes en suurreën.

Eskom redeneer dat die toerusting nie alleen duur is nie, maar dat dit ook waterverbruik sal verhoog, asook die gebruik van groot hoeveelhede kalksteen vereis en bykomende koolstofdioksied – ’n kweekhuisgas – produseer. Van die geld wat gespaar word, kan gebruik word om ouer steenkoolkragstasies aan te pas om ander brandstof te gebruik.

“Die installering van FGD in Medupi verminder dalk die gesondheidsimpak effens, maar dit sal tot ander negatiewe omgewingsimpakte lei,” sê Eskom. As ouer aanlegte oorskakel van steenkool, sal dit die vrystelling van talle gasse verminder, sê die nutsmaatskappy.

Die regering sal ook toestemming moet gee voordat Eskom sy planne kan verander.

Eskom het “informele gesprekke” met die departement van omgewingsake, bosbou en visserye gehad en sal die departement amptelik nader as hy besluit om ’n voorstel ter tafel te lê. Die departement het nog nie op ’n versoek vir kommentaar gereageer nie. – Bloomberg

Meer oor:  Wêreldbank  |  Eskom  |  Medupi  |  Besoedeling  |  Steenkool  |  Steenkoolkragstasies  |  Omgewing  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.