Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Terugslag vir Eskom beteken fase 2-beurtkrag later vandag

Eskom gaan Vrydagmiddag fase 2-beurtkrag toepas weens 'n "reuse-terugslag".

Die kragverskaffer sê in 'n verklaring hy het verdere kapasiteit van die Medupi-kragstasie verloor.

"Ons het gisteraand Medupi 3, 4 en 5 verloor weens probleme met die hantering van steenkool en as. Dit is bo en behalwe die probleme met die vervoerband wat verlede Saterdag gebreek het," lui die verklaring.

Daar is dus 'n verdere tekort in kragopwekkingskapasiteit van 1 500 MW. "Ons gaan gevolglik ongelukkig fase 2-beurtkrag vir die grootste deel van die dag toepas."

Fase 1-beurtkrag gaan tot 12:00 geld om die impak op veral matrieks wat eksamen skryf te verminder, lui die verklaring.

"Daarna word fase 2-beurtkrag toegepas tot 23:00."

Eskom het laat Donderdag gesê fase 1-beurtkrag word van 09:00 tot 23:00 toegepas, maar die plan het intussen verander.

Beurtkragskedules is beskikbaar op Eskom se webtuiste: loadshedding.eskom.co.za of deur die kliëntedienssentrum te bel by 0860 037 566.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.