Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Fase 2-beurtkrag begin om 08:00, Kaapstad op fase 1

Eskom stel Donderdag van 08:00 fase 2-beurtkrag in.

A candle in the dark.
Beurtkrag kan oor die volgende twee tot drie jaar tot en met 2023 net erger word, waarsku die WNNR.

Die beurtkrag sal Donderdag tot 22:00 duur nadat meer kragopwekkingseenhede oornag en in die vroeë oggendure gebreek het.

Die vertraging om twee opwekkingseenhede by die Duvha- en Tutuka-steenkoolkragstasies in Mpumalanga weer in diens te stel, asook die afskop van vier ander kragopwekkingseenhede by Kriel, Tutuka en Kendal het veroorsaak dat beurtkrag ingestel moet word, sê Eskom.

Dit het beteken sowat 2 000 MW se kragopwekkingsvermoë is onverwags nie beskikbaar nie.

Eskom waarsku sy kragstasies se betroubaarheid is op die oomblik laag, en enige onverwagte verandering soos eenhede wat afskop en breek, kan op kort kennisgewing hom dwing om beurtkrag na hoër fases op te skuif.

elektrisiteit
Die WNNR se jongste navorsing wys dat beurtkrag net gaan vererger tot en met 2023 wanneer die eerste nuwe kragstasies aan die nasionale kragnetwerk gekoppel word.

Die swak kragsituasie kan tot die naweek voortduur, het Eskom gewaarsku. Hy het die publiek gesmeek om minder krag te gebruik om beurtkrag te help verminder, en verduidelik dat beurtkrag slegs as laaste uitweg ingestel word om die nasionale kragnetwerk teen algehele ineenstorting te beskerm.

Die WNNR het juis Woensdag in ’n webinaar oor sy jongste navorsing gewaarsku dat beurtkrag oor die volgende twee tot drie jaar net sal vererger as die regering en die private sektor nie ingryp nie.

Die Stad Kaapstad het op Twitter gesê hy stel slegs fase 1-beurtkrag in.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Winter  |  Elektrisiteit  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.