Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Fase 2-beurtkrag begin om 21:00

Eskom het pas aangekondig beurtkrag begin om 21:00.

Fase 2-beurtkrag sal tot 05:00 Woensdagoggend duur.

Dis die eerste beurtkrag sedert 19 Maart.

Luidens Eskom se verklaring kon drie eenhede wat voorheen uitgeskop het, nog nie weer aan die netwerk gekoppel word nie. Dis by die kragstasies Kriel, Medupi en Duvha.

Daarby het nog drie eenhede Dinsdag uitgeskop, naamlik by Tutuk, Kendal en Komati.

Altesame 17 474 MW se opwekkingsvermoë is tans van lyn af, 12 699 MW daarvan vir onbeplande onderbrekings.

Eskom sê hy het ook nodig om sy noodreserwes aan te vul.

Die nutsmaatskappy waarsku dat beurtkrag nog geruime tyd deel van Suid-Afrikaners se lewe gaan wees soos hy diepliggende herstelwerk doen.


Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Kragnetwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.