Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Fase 2-beurtkrag geld van 16:00

Fase 2-beurtkrag sal Dinsdag van 16:00 tot Woensdag 05:00 toegepas word.

Kraglyne en koeltorings van Eskom se Lethabo-steenkoolkragstasie naby Sasolburg. Foto: Reuters

Eskom sê in ’n verklaring die situasie met die kragnetwerk het erg agteruit geboer.

Die opwekkingsvermoë wat onklaar was, het van Maandag se 14 500 megawatt (MW) tot 15 360 MW opgeskiet weens foute by steenkoolkragstasies.

Eskom beperk tans sy beplande instandhoudingswerk.

In totaal is net sowat 1 580 MW se opwekkingsvermoë tans onbeskikbaar weens beplande instandhouding – die laagste syfer in maande.

Dit beteken in totaal is 16 940 MW se opwekkingsvermoë onbeskikbaar om in die land se groeiende energiebehoefte te voorsien.

Dis sowat ’n derde van Eskom se ganse opwekkingsvermoë.

Die nutsmaatskappy waarsku weer dat beurtkrag waarskynlik heelweek toegepas sal word.

Hy sê in die afgelope 24 uur het eenhede by die Kriel-, Arnot-, Majuba- en Tutuka-steenkoolkragstasie onklaar geraak.

Werk aan eenhede wat reeds voorheen gebreek het, is ook vertraag by Duvha en Tutuka.

Daar het wel oornag eenhede in werking getree by Kusile en Arnot, maar dis te min opwekkingsvermoë om te vergoed vir die talle eenhede wat nou weer gebreek het.

Eskom bevestig weer eens dat die situasie vir die res van die winter nie goed lyk nie en dat beurtkrag waarskynlik gereeld toegepas sal moet word soos die koue weer die land se energiebehoeftes verhoog.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.