Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Fase 2-beurtkrag aangekondig

Ná twee maande waartydens die ligte aangebly het, het Eskom Sondag 'n betreurenswaardige verklaring uitgereik en gesê daar gaan weer beurtkrag toegepas word.

Volgens die kragvoorsiener gaan fase 2-beurtkrag Sondag van 13:00 tot waarskynlik 22:00 landwyd geld weens 'n tekort aan opwekkingskapasiteit op die kragnetwerk. 

Op 6 Desember het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gesê daar word hard daaraan gewerk om die land se kragprobleem hopelik voor Kersfees op te los. Gordhan het egter gewaarsku dat dit tyd gaan neem om Eskom weer behoorlik op dreef te kry. 

Volgens Eskom se verklaring is die skielike aankondiging Sondag weens ’n dringende tekort aan water en nooddieselvoorraad wat nou bespaar moet word om hopelik deur die loop van die aanstaande werksweek verdere beurtkrag te vermy.

Eskom doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om kragverbruik af te skaal om verdere druk op die netwerk te verminder.

  • Mense wat hul elektrisiteit direk by Eskom kry, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste kry of 0860 037 566 bel vir meer inligting.
  • Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir skedules besoek.
Meer oor:  Eskom  |  Kragvoorsiening  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.