Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Fase 6 kos ekonomie meer as R1,2 mjd. per dag

Geen ekonomiese groei kan vir die vierde kwartaal vanjaar verwag word nie weens beurtkrag, waarsku Wayne McCurrie, beleggingsbestuurder by FNB.

Nuwe denke is by Eskom nodig, en hy sal eerder permanent op fase 1-beurtkrag wil wees as om binne minder as ’n week van volgehoue kraglewering na fase 6 te moet skuif, sê McCurrie op Twitter.

Fase 6-beurtkrag kan die land se ekonomie enigiets van R864 miljoen tot R1,294 miljard per dag kos, waarsku die onafhanklike ekonoom Mike Schusssler.

Hy meen Eskom behoort nes die Suid-Afrikaanse Lugdiens in sakeredding geplaas word.

’n Sakereddingspraktisyn gesteun deur ’n span kenners, internasionaal of plaaslik, kan al die steenkoolkontrakte van Eskom heronderhandel, asook al die groenkragkontrakte waaroor Eskom so kla, en kan ook indiensnemingskontrakte met werknemers heronderhandel.

Op die manier behoort Eskom gered te kan word sonder om kragtariewe skerp te verhoog, meen Schussler.

Die voorwaarde is dat die sakereddingspraktisyn uitgelos moet word om sy werk te doen. Hy moet toegelaat word om die politiek-ongewilde dinge te doen en daar moenie politieke inmenging wees nie, sê Schussler.

McCurrie verwag die ekonomie sal in die vierde kwartaal inkrimp, en die BBP-groei vir die hele jaar sal net effens positief wees.

Die rand-dollar-wisselkoers het Maandag effe verswak tot R14,67 teenoor die dollar, vergeleke met R14,57 vroeër die dag.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Fase 6  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.