
Phakamani Hadebe, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Felix Dlangamandla
Die kredietgraderingsagentskap Fitch Ratings hou Eskom se langtermynskuld op die gradering BB-, met ander woorde onder beleggingsgraad.
Sy staatsgewaarborgde randgedenomineerde skuld is op BB+, in pas met Suid-Afrika se gradering.
Sy vooruitsig bly negatief.
Phakamani Hadebe, tussentydse uitvoerende hoof van Eskom, sê in ’n verklaring hy is bemoedig deur Fitch se besluit om hom nie verder af te gradeer nie.
Hy sê Eskom se volhoubaarheid word verseker deur die direksie se voortgesette omkeerstrategie waarvan die kernfokus finansiële lewensvatbaarheid is tesame met ’n sterk bedryfsvertoning en die algehele oplossing van alle bestuursverwante probleme.