Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
FNB: Vraag na eie kragopwekking al hoe groter

FNB is besig om rekordgetalle ondernemings te help om hul eie krag op te wek, met die vraag na finansiering vir groenkragprojekte wat die hoogte inskiet.

Werkers installeer sonpanele op die dak van ’n residensiële eiendom in Johannesburg. Foto: Getty Images

Volgens Kyle Durham, hoof van alternatiewe energie-oplossings van FNB Business, skaf ondernemings nou vyf keer meer groenkrag-oplossings aan as tradisionele dieselkragopwekkers.

Die verhouding is nou 1:5 in dat FNB nou vir elke R1 miljoen se finansiering vir opwekkers R5 miljoen vir veral sonkragtoestelle finansier.

FNB het teen Desember 2020 al 20 megawatt (MW) se hernubare krag vir selfopwekking gefinansier vir ondernemings, met 5 MW net in die landboubedryf.

“Ondanks die gevolge van die Covid-19-pandemie, voorspel die bank teen die einde van die jaar ’n beduidende toename in die finansiering van ander energie-oplossings. Dit is weliswaar van ’n lae basis af, maar die momentum groei vinniger en oortref alle verwagtinge wat ons vir hierdie jaar gehad het,” sê Durham Donderdag in ’n verklaring.

Hy merk ook op dat die toenemende belangstelling in ander energie-oplossings nie net tot die bankbedryf beperk is nie.

“As ons met die bedryf praat, word die groter vraag na ander energie-oplossings bevestig. Een van ons klante in die (energie)-bedryf het gerapporteer dat sy omset in die eerste drie maande van hul huidige boekjaar die omset van die afgelope 12 maande oorskry het,” sê hy.

Die skielike groei in die vraag na selfopwekking word volgens FNB tans deur drie faktore gedryf. Dit is die toenemende voorkoms van beurtkrag, stygende kragpryse en klimaatsverandering.

Dit kan veral gesien word in die tendens van ondernemings om eerder sonpanele of windkrag aan te skaf vir hul eie gebruik as tradisionele kragopwekkers.

Kommer oor energiesekerheid

Veral die landbousektor het in 2021 ’n verhoogde aptyt vir ander energie-oplossings getoon. Die gebrek aan sekerheid oor konstante kragvoorsiening het steeds ’n groot invloed op die landbousektor en verwante bedrywe.

Boerderye en seisoenale beplanning is deur herhaalde kragonderbrekings onderbreek, sê FNB.

Energiekoste

Kragpryse bly hoog en sal vanaf 1 April 2021 verder styg.

Verlede maand het die presidensie aangekondig dat die Wet op die Regulering van Elektrisiteit gewysig sal word om die lisensievereistes vir ingeboude opwekkingsprojekte, wat sonkragstelsels op die dak insluit, te vergemaklik.

Die drempel vir sulke projekte is tans slegs 1 MW. Indien meer as 1 MW opgewek word, moet ’n lisensie van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) bekom word.

Die beroep op die regering is tans om dit op te stoot na 50 MW, wat die meeste ondernemings in staat sal stel om sonder ’n lisensie hul eie krag op te wek.

“Onlangse ontledings dui daarop dat dit tot 5 000 MW ekstra kapasiteit kan ontsluit en die invloed van beurtkrag kan versag,” het pres. Cyril Ramaphosa onlangs in sy staatsrede gesê.

Meer oor:  Fnb  |  Sonkrag  |  Groenkrag  |  Sonpanele  |  Kragkrisis  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.