Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Gee Eskom eers kontant, meen Nedbank-hoof

Die vinnigste manier om Eskom te red is om hom eers vol kontant te stop en eers later ’n skuld-tot-aandele-omruiling te oorweeg.

mike brown
Mike Brown, uitvoerende hoof van Nedbank. Foto: Getty Images

Dít is die advies van Mike Brown, uitvoerende hoof van Nedbank.

Daar is tans geen maklike of goeie opsies beskikbaar om Eskom te red nie, het Brown in ’n onderhoud in Durban gesê.

Die mees praktiese korttermyn-oplossing is wel om die staat se reddingsboei gouer te gee of die bedrag te verhoog, meen Brown.

Dit is ook presies wat die regering blyk te wil doen deurdat die nasionale tesourie na verwagting teen 23 Julie meer besonderhede oor die spesiale toedelingswetsontwerp sal gee. Dit is om die beoogde reddingsboei van R230 miljard oor tien jaar gouer uit te deel.

Eskom betaal so baie rente op sy skuld van meer as R440 miljard dat hy nie daarby uitkom om genoeg en betroubare elektrisiteit te lewer nie, terwyl sy inkomste daal.

Ander opsies wat oorweeg word om die skuldlas te verlig is om die Eskom-effekte wat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) besit in aandele om te skakel. Die staat waarborg sowat 70% van Eskom se skuld.

Nog ’n opsie is om van Eskom se steenkoolkragstasies vroeër as beplan te sluit sodat goedkoper lenings bekom kan word, en om plek vir meer hernubare energie te maak.

Internasionale banke is weens omgewingsredes toenemend langtand om geld vir steenkoolkragstasies te leen en vra hoër rente op sulke lenings.

Brown meen hernubare energie is ’n moontlike alternatief, maar dit is “ongelooflik ingewikkeld” om in werking te stel en sal drie tot vyf jaar duur om op dreef te kom. Dít terwyl Eskom ’n “ses-maande-probleem” het.

Die opsie om Eskom-effekte te ruil vir staatseffekte is ook ’n potensiële oplossing vir die skuldlas, maar is volgens Brown ook baie kompleks en sal langer duur as om die staat se reddingsboei vinniger via die spesiale toedelingswetsontwerp los te kry.

Richard Segal, ’n markontleder van Manulife Asset Management in Londen, meen die OBK kan verloor as hy Eskom-effekte vir Eskom-aandele omruil. Die aandeelwaarde sal waarskynlik laer wees as die skuldwaarde, en dit sal nie goed ontvang word deur die trustees van die staatsdienspensioenfonds wie se geld die OBK bestuur nie.

Melkbosstrand North of Cape Town South Africa Powe
Eskom se skuld is nie tans volhoubaar nie, want hy verdien minder uit kragverkope as wat hy moet betaal aan rente op sy skuld. Foto: Getty Images

Dit kan wel tot positiewe veranderings by Eskom lei as die OBK direksieverteenwoordiging by Eskom kry asook ’n mate van bestuursbeheer. Maar dit kan terselfdertyd direksiegevegte ontketen wat die situasie sal vererger.

Om ’n skuld-tot-aandele-omruiling moontlik te maak sal Eskom heeltemal herskik moet word, meen ’n ander Londense ontleder, Darias Jonker van Eurasia. Dit kan jare duur, veral omdat vakbonde geheel en al teen enige herskikking by Eskom gekant is.

’n Wêreldbank-studie van 2016 het bevind Eskom kan 66% van sy personeel sny.

Jonker waarsku dat selfs ’n versnelde reddingsboei sal nie genoeg wees om Eskom se skuld volhoubaar te maak nie. Dit is skuld waarvan die rente uit Eskom se inkomste oor die volgende 12 tot 24 maande gedek kan word.

Brown verwag belastingbetalers sal op die ou einde die enigste plek wees waarheen Eskom sal kan gaan om finansiering te kry.

Meer oor:  Nedbank  |  Mike Brown  |  Eskom  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.