Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Geen beurtkrag dié naweek verwag

Eskom voorsien nie dat beurtkrag dié naweek in werking gestel sal word nie.

Die nutsmaatskappy waarsku egter dat daar groot druk op die kragnetwerk is en dat dit “onbetroubaar en kwesbaar” bly.

Die tweede naweek sonder beurtkrag wink vir Suid-Afrikaners.

Eskom bedank Suid-Afrikaners vir hul samewerking te midde van die kragprobleme.

Beurtkrag is tien dae laas toegepas.

Eskom sê hy sal “betyds” waarsku indien beurtkrag wel ingestel moet word.

Suid-Afrika beweeg Maandag na vlak 1 van die staat van inperking, wat beteken ondernemings soos vermaaklikheidsplekke en restaurante mag hul kapasiteit verhoog. Dit kan tot effens groter kragverbruik lei.

Aan die ander kant lyk dit asof die ergste winterkoue verby is en Suid-Afrikaners nie meer die verwarmers of elektriese komberse heeltemal so lank aanskakel nie.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.