Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Geen beurtkrag Dinsdag
Suid-Afrika se ligte gaan hopelik Dinsdag aan bly.Foto: Pixabay

Eskom sukkel steeds om sy ou kragstasies aan die gang te hou, maar hy beplan nie om Dinsdag beurtkrag in te stel nie.

Die kragverskaffer sê in ’n verklaring teen 18:00 Maandag het hy 12 759 MW se opwekkingsvermoë weens onbeplande instandhouding verloor.

In 'n verdere verklaring wat vroeg Dinsdagoggend uitgereik is, sê Eskom dié situasie het tot 11 723 MW teen 06:30 verbeter.

Eskom sê hy was deur die nag onder groot druk weens swaar reën wat sy bedrywighede in Mpumalanga beïnvloed het. Eskom het voorheen al talle keer swaar reën en nat steenkool die skuld gegee wanneer hy beurtkrag moet instel.

Hy waarsku soos voorheen dat die netwerk onder druk is en dat die situasie baie vinnig kan verander.

Die probleem dat Eskom vir jare nie sy kragstasies behoorlik in stand gehou het nie, is luidens Eskom die groot rede vir die vlaag beurtkrag wat Suid-Afrika veral in Desember ervaar het.

Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, het in Desember reeds gesê dat die kragverskaffer toegelaat moet word om kragstasies behoorlik in stand te hou. Dit beteken dat die regering ’n bykomende 5 000 MW krag gaan moet bekom om die land se ligte aan te hou.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.