Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Geen beurtkrag, kyk staatsrede rustig tuis

Mense sal vanaand rustig by hul huise die staatsrede op televisie kan volg, want volgens Eskom is daar geen beurtkrag vandag in die vooruitsig nie.

Die maatskappy het vroegoggend op Twitter gesê dit is omdat talle verbeteringe op die kragstelsel plaasgevind het.

Beurtkrag is reeds Woensdag opgehef ná meer as ’n week se pyn vir verbruikers.

Die onbeplande kragonderbrekings het teen 06:00 vanoggend net 9 462 MW beloop nadat verskeie eenhede suksesvol herstel is. Boonop is die reserwes water en diesel wat nodig is by die noodkragopwekkingseenhede aangevul en genoegsaam in hierdie stadium.

Meer oor:  Eskom  |  Staatsrede  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.