Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Geen beurtkrag Maandag verwag
Die nasionale kragnetwerk bly onder druk. Foto: Unsplash

Geen beurtkrag word Maandag verwag nie, maar Eskom waarsku dat die situasie blitsvinnig kan verander omdat kragopwekking steeds onder erge druk verkeer.

Net meer as 10 000 MW se opwekkingsvermoë was Maandagoggend weens foute verlore. ’n Bykomende 6 134 MW was weens beplande instandhoudingswerk van lyn af.

Noodreserwes word tans ingespan om die land van genoeg elektrisiteit te voorsien.

Dit beteken diesel word in enorme hoeveelhede in Eskom se twee oopsiklus-gasturbines sowel as waterreserwes by sy pompopgaarskemas gebruik.

Sondagoggend was Eskom se verlies aan opwekkingsvermoë 9 527 MW – baie naby aan die veiligheidsmarge van 9 500 MW wat sou beteken die kanse op beurtkrag is skraal.

Bykomende eenhede het egter oornag weer begin lol wat die verlies aan opwekkingsvermoë tot meer as 10 000 MW verhoog het.

Die kanse op beurtkrag vir die res van die week bly dus hoog.

Meer oor:  Eskom  |  Kragopwekking  |  Beurtkrag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.