Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Geen beurtkrag (vir eers) Sondag verwag

Hoewel ’n geweldige 16 899 MW se opwekkingsvermoë vroegoggend buite werking was, sê Eskom in ’n verklaring hy voorsien nie dat beurtkrag Sondag in werking gestel gaan word nie.

Eskom is versigtig optimisties dat beurtkrag Sondag afgeweer sal word. Foto: Unsplash

Soos die nutsmaatskappy egter daagliks waarsku, kan die situasie op kort kennisgewing verander indien nog iets by een van sy verouderende steenkoolkragstasies uitskop.

Altesame 16 899 MW se opwekkingsvermoë was teen 04:40 van lyn af. Daarvan was 10 962 MW vir onbeplande probleme en 5 937 MW vir beplande instandhouding.

Die 16 899 MW is een van die hoogste vlakke nóg – selfs hoër as wat van tyd tot tyd gegeld het toe Eskom middel Desember fase 6-beurtkrag ingestel het. Dis ook amper dubbeld die 9 500 MW wat Eskom as ’n veilige marge beskou ten einde beurtkrag af te weer, maar daar is speling na gelang van die vraag na krag.

Eskom sê in sy verklaring een opwekkingseenheid wat verlede week afgeskakel was, is herstel en nog twee eenhede sal na verwagting deur die loop van Sondag weer aangeskakel word. Daarby het hy genoeg noodreserwes en het sy pompopgaarskemas “genoegsaam herstel”.

Beurtkrag is Saterdag om 17:00 opgeskort.

Gegewe die druk op die netwerk, sal Suid-Afrikaners wys wees om hulle voor te berei op ’n week van minstens fase 2-beurtkrag. Eskom reik gewoonlik saans sy verwagting vir die volgende dag uit, tensy die situasie skielik verander.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.