Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Geen beurtkrag vir Woensdag verwag

Eskom verwag nie Woensdag enige beurtkrag nie.

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Reuters
Geen beurtkrag word Woensdag verwag nie.

Beurtkrag het oornag van 21:00 tot 05:00 geduur en is nie hervat nie.

Die opwekkingsvermoë het oornag voldoende herstel, het Eskom in ’n verklaring gesê.

’n Kragopwekkingseenheid elk by die kragstasies Tutuka, Duvha, Medupi en Hedrina kon oornag weer suksesvol in bedryf gestel word. Nog twee eenhede sal deur die loop van die dag weer aan die gang kom, het Eskom laat weet.

Die kragmaatskappy het tans 4 775 MW se kragopwekkingsvermoë wat vir beplande instandhouding uit diens is. Maar 11 616 MW is nog onbeskikbaar weens vertragings en goed wat gebreek het.

Die totale opwekkingsvermoë wat van die netwerk af is, is dus 16 391 MW, teenoor Dinsdagaand se 17 474 MW.

Eskom het wel gewaarsku dat die risiko baie hoog is dat beurtkrag enige oomblik ingestel gaan word terwyl hy omvattende instandhouding doen om kragstasies se betroubaarheid te verbeter.

Meer oor:  Eskom  |  Kragkrisis  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.