Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Geen beurtkrag Vrydag verwag

Noodreserwes help om die land se ligte aan te hou, sê Eskom Vrydagoggend in ’n verklaring.

Die nutsmaatskappy voorsien nie dat beurtkrag Vrydag ingestel gaan word nie, maar die risiko daarvan het wel gestyg. Dit sal Vrydag die sesde dag sonder beurtkrag maak nadat ’n paar dae van fase 2-beurtkrag verlede Saterdagaand opgeskort is.

Altesame 10 755 MW se opwekkingsvermoë was om 07:15 weens onbeplande onderbrekings van die netwerk af en 5 567 MW weens beplande instandhouding. Dit bring die totaal op 16 322 MW te staan – uitermate hoë vlakke wat al vantevore beurtkrag tot selfs fase 6 tot gevolg gehad het.

Eskom gee nog geen aanduiding van of beurtkrag die naweek verwag kan word nie.

Large concentration of Power lines and pylons. (Ph
Meer as 16 000 MW se krag is tans van lyn af. Foto: Getty Images
Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.