Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Geen kernkrag in regering se nuwe kragplan
Jeff Radebe, minister van energie.

Die regering se nuwe kragplan tot 2030 bevat nie die reuse-bouprogram vir kernkrag wat onder oudpres. Jacob Zuma se regering deel was van die plan nie.

Die uitgangspunt van die nuwe geïntegreerde hulpbronplan (IRP) is om kragopsies te kies wat die minste kos.

Die konsepplan is Maandag deur Jeff Radebe, minister van energie, bekend gestel.

Dit sal nou vir 60 dae vir openbare kommentaar oop wees.

Die nuwe IRP, wat laas in 2011 amptelik bekend gestel is, plaas minder perke op die groei in groenkrag, maar beperk wel die algemene jaarlikse uitbreiding van kragvermoë want kragvraag daal jaarliks. Kragvraag is nou waar dit laas in 2007 was.

Daar is geen plan vir nuwe kernkrag tot 2030 nie, maar daarna sal ’n dieptestudie gedoen word of kernkrag nodig sal wees, sê Radebe. Die bestaande kapasiteit van die Koeberg-kernkragstasie word bloot gehandhaaf tot en met 2030.

Die regering sal ook van vanjaar af toelaat dat kragverbruikers minstens 200 MW se krag vir hulself sal mag opwek.

Hernubare energie het veel goedkoper geword as toe die vorige IRP in 2011 gepubliseer is, sê Radebe.

Geen kernkrag word uitdruklik genoem in die vier scenario’s wat die IRP uitspel nie.

Die tempo en omvang van nuwe kragvermoë tot 2030 moet teruggesny word van wat in die vorige IRP verwag is.

Ná 2030 sal die energiemengsel aansienlik verander weens ou steenkoolkragstasies wat uit diens gestel moet word.

Meer oor:  Eskom  |  Jeff Radebe  |  Krag  |  Departement Van Energie  |  Irp  |  Elektrisiteit  |  Kernkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.