Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Geen vrypas vir firmas wat teen Eskom saamspan

Die Mededingingstribunaal het ’n aansoek van die hand gewys om ’n klag van samespanning te laat vaar teen maatskappye wat vir ’n Eskom-kontrak getender het.

Die Mededingingskommissie het ’n ondersoek ingestel nadat Eskom in Maart 2016 ’n klag oor samespanning ingedien het.

Dié tender, ter waarde van R240 miljoen, sou oor vyf jaar strek en was vir die verskaffing, installering en aftakeling van steierwerk en termiese isolering vir 15 van Eskom se steenkoolkragstasies.

Die Mededingingskommissie het ’n ondersoek ingestel nadat Eskom in Maart 2016 ’n klag ingedien het.

Die kommissie het bevind dat Waco Africa deur sy filiaal, SGB Cape, bilaterale ooreenkomste met Tedoc Industries, Mtsweni Corrosion Control en Superfecta Trading 159 CC bereik het om drie gesamentlike ondernemings te vorm.

SGB Cape het toe na bewering tenders namens homself én die drie gesamentlike vennootskappe, waarin hy ook ’n belang gehad het, ingedien.

In Maart 2017 het Eskom “vir redes wat nie aan die kommissie bekend is nie” sy klag teruggetrek, luidens ’n verklaring van die Mededingingstribunaal.

Die kommissie het egter besluit om voort te gaan met die klag nadat hy sy eie ondersoek voltooi het.

In ’n verhoor op 20 Junie het die respondente verskeie besware aangeteken teen die kommissie se klag.

Die tribunaal het toe vandeesweek sy besluit bekend gemaak om die aansoek van die hand te wys om die klag te laat vaar.

Die kommissie is egter gelas om spesifieke gedeeltes van sy rekord aan die respondente beskikbaar te stel.

Die tender is uiteindelik aan SGB Cape toegeken nadat laasgenoemde Eskom met ’n hofinterdik daarvan weerhou het om hom te diskwalifiseer en die tender aan ’n nuwe verskaffer toe te ken.

Meer oor:  Eskom  |  Tenderknoeiery  |  Krag  |  Tenderbedrog  |  Samespanning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.