Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Goedkoper brandstof dalk betyds vir skoolvakansie

Suid-Afrikaners wat beplan om eindelik weg te breek gedurende die skoolvakansie einde Oktober, gaan waarskynlik minder vir brandstof vir hul reis betaal.

Die kanse lyk al hoe beter dat die prys van brandstof in Oktober gaan daal. Foto: Argief

Soos sake tans staan, is die oorverhaling op 95-oktaan-brandstof 34c per liter.

Dit beteken dus indien die prys van petrol vandag vasgestel word, sou dit met 34c per liter gedaal het.

In die geval van 93-oktaan-petrol beloop die oorverhaling 25c per liter, terwyl dit tussen 81c en 85c per liter op alle grade van diesel is.

Dit is luidens die syfers wat die Sentrale Energiefonds daagliks bekend maak. Nog byna twee weke bly oor voordat die brandstofpryse vir Oktober vasgestel word, en die nuwe pryse sal van 7 Oktober geld.

Dit is meer as betyds vir die skoolvakansie die week van 26 tot 30 Oktober.

Die grootste rede vir die moontlike daling is die daling in oliepryse.

Die prys van Brent-ruolie verhandel tans teen $39,77 per vat. Dit is laer as die sowat $42 per vat waarteen dit gedurende Julie en Augustus verhandel het.

Bloomberg berig ’n groot rede vir die daling is die verwagting dat die aanvraag na olie weens die Covid-19-pandemie steeds laag gaan bly.

Die rand wat sedert die begin van September teen minder as R17 teenoor die dollar verhandel, lewer ook ’n bydrae tot die moontlike daling in die prys van brandstof.

Meer oor:  Sentrale Energiefonds  |  Petrolprys  |  Brandstof  |  Olieprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.