Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Goeie nuus as jy ná die vakansie platsak is

Die olieprys hou aan daal ondanks onstuimigheid en onsekerheid in die wêreldmarkte, wat dit vir vakansiegangers ’n hele paar rand goedkoper gaan maak om in Januarie huiswaarts te keer.

Met net sewe dae voordat plaaslike brandstofpryse vir Januarie vasgestel word, wys die nuutste oorverhaling op ’n groot waarskynlikheid dat brandstofpryse wel in Januarie vanweë die olieprys-ineenstorting sal daal. Foto: Theo Jephta

Al het die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) aangekondig hy gaan in Januarie produksie met 1,2 miljoen vate per dag besnoei, tuimel die prys van Brent-ruolie steeds. Die prys het Vrydag bykans 3% verloor ná gister se daling van 4,5%. ’n Vat het Vrydag tot onder $53 per vat gedaal – die laagste sedert September 2017.

Saoedi-Arabië se minister van energie, Khalid Al-Falih, het Woensdag gesê die huidige prysdaling is nie gegrond op die vraag en aanbod van olie nie, maar kom gedeeltelik uit faktore soos geopolitiek, Amerikaanse rentekoerse, die sterkte van die Amerikaanse geldeenheid asook spekulasie in die oliemark. Tog het hy bygevoeg dat Opul “meer tyd benodig” vir produksiebesnoeiings om die mark te probeer balanseer.

“Dis ’n ramp vir Opul,” het Eugen Weinberg, hoof van kommoditeitsnavorsing by Commerzbank in Frankfurt, Duitsland, gesê. “Dit sal beslis tyd neem vir die fundamentele faktore om te verbeter.”

Die Opul-opskortings probeer om die ontwrigtende hoë produksievlakke van skalie-olie in Amerika teen te werk, maar dit is nie die olieprys se grootste probleem nie – paniek oor die ekonomie is.

Die Opul-opskortings probeer om die ontwrigtende hoë produksievlakke van skalie-olie in Amerika teen te werk, maar dit is nie die olieprys se grootste probleem nie – paniek oor die ekonomie is.

“Daar is niks wat Opul kan doen oor daardie moeilikheid nie,” het Sam Margolin, ’n ontleder van Wolfe Research, Donderdag in ’n verklaring geskryf. “Die oplossing lê slegs in markvertroue oor wêreldwye groei, die handelsoorlog tussen die VSA en China, en die tempo van die Federale Reserweraad se koersverhogings.”

Hoe wen plaaslike vakansiegangers?

Met net sewe dae voordat plaaslike brandstofpryse vir Januarie vasgestel word, wys die nuutste oorverhaling op ’n groot waarskynlikheid dat brandstofpryse wel in Januarie vanweë die olieprys-ineenstorting sal daal.

Volgens die Sentrale Energiefonds se syfers is die onderverhaling tot dusver R1,01 per liter op die prys van 95 oktaan-petrol en R1,31 per liter op die groothandelprys van diesel met ’n swaelinhoud van 0,005%.

Die finale oorverhaling – dus potensiële daling – word eers op 28 Desember bepaal en dié daling sal dan vanaf Woensdag 2 Januarie geld.

As jy een van Suid-Afrika se gunstelingmotors bestuur, kan jy op die grafika kyk hoe groot jou brandstofbesparings vanaf die land se gewildste vakansiebestemmings kan wees in vergelyking met wat dit gekos het om daar uit te kom in Desember.

Meer oor:  Olieprys  |  Olie  |  Petrolprys  |  Saoedi-Arabië  |  Brandstof  |  Opul
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.