Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Goeie nuus! Skraal kans vir beurtkrag Sondag

Rugbyondersteuners kan Sondag gereedmaak vir die Wêreldbeker-kwarteindstryd tussen die Springbokke en Japan en gerus wees dat Eskom nie sommer beurtkrag sal instel nie.

Dís die kragreus se belofte Sondagoggend, mits daar nie ’n beduidende verandering in die aanleg se bedrywighede is of tegniese foute ontstaan nie.

“Hoewel die stelsel steeds onder druk en kwesbaar is, word geen beurtkrag vandag verwag nie,” sê Eskom in ’n verklaring.

Eskom het Suid-Afrikaners Woensdag onkant betrap toe hy aankondig fase 2-beurtkrag word ingestel. Probleme by die Medupi-kragstasie het tot die jongste kragonderbrekings bygedra – die eerste beurtkrag sedert Maart vanjaar.

Eskom vra dat landsburgers te midde van die heersende hittegolf hul lugversorgers op 23 °C sal stel, om die druk op die kragstelsel te beperk.

Suid-Afrikaners het Saterdag nog fase 1-beurtkrag gehad.

“Bykomende opwekkingseenhede sal vandag weer begin werk en die herstel aan die vervoerband by die Medupi-kragstasie vorder goed,” lui die verklaring.

“Eskom het verder die dieselreserwes vir die gasturbines aangevul en die watervlakke by sy pompkamers verhoog om vir die week voor te berei. Hierdie reserwes stel ons in staat om beurtkrag te vermy of te verminder.”

Eskom vra dat landsburgers te midde van die heersende hittegolf hul lugversorgers op 23 °C sal stel, om die druk op die kragstelsel te beperk.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Energie  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.