Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Gordel vas – hier kom groot styging in brandstofprys

Die Outomobiel-assosiasie (AA) waarsku dat daar ’n groot styging in die prys van brandstof in Februarie op pad is.

Die onderverhaling (dus moontlike styging in prys) op petrol is tans 80c per liter. Foto: Pixabay

Die Sentrale Energiefonds (SEF) se daaglikse syfers dui tans op ’n enorme onderverhaling op brandstof en die AA is bekommerd oor die invloed wat dit op die ekonomie kan hê.

“Indien die prentjie nie drasties teen die einde van die maand verander nie, gaan Suid-Afrika se brose ekonomie ’n terugslag kry,” sê die AA.

Vrydag was die onderverhaling op ’n liter petrol ’n stewige 80c gewees. Diesel kan met sowat 61c per liter en paraffien met 63c per liter styg.

“Die probleem is dat internasionale oliepryse deurlopend styg. Dit word toegeskryf aan ’n positiewe sentiment soos koronavirusentstowwe beskikbaar gestel word en ekonomiese aktiwiteit wêreldwyd toeneem, wat die vraag na olie verhoog het.”

Volgens die AA het die gemiddelde wisselkoers van die rand teenoor die Amerikaanse dollar nie ’n groot bydrae tot die prysverhogings gedurende die eerste twee weke van Januarie gelewer nie.

“Ondanks ’n paar woeste skommelinge in die daaglikse wisselkoers en die gemiddelde koers wat van sowat R14,60 tot net meer as R15,00 gestyg het, is slegs vier sent van die voorspelde verhogings weens die rand se verswakking.”

Die vereniging sê die hoër brandstofpryse sal die lewe moeiliker maak vir vervoerondernemings en die baie mense wie se lewensbestaan reeds deur die ekonomiese slagting van Covid-19 geraak is.

Volgens die huidige neiging in die olieprys verwag die AA helaas nie dat die olieprys voor die einde van die maand gaan terugsak nie.

Meer oor:  Olieprys  |  Koronavirus  |  Petrolprys  |  Brandstof  |  Vervoer  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.