Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Grootste energieskok sedert 1945 – IEA

Die grootste skok vir die internasionale energiestelsel sedert die Tweede Wêreldoorlog, is hoe die Internasionale Energieagentskap (IEA) die Covid-19-pandemie in sy jongste energie-oorsig beskryf.

’n Argieffoto van die Scroby Sands- aflandige windplaas naby Great Yarmouth in Brittanje. Die IEA sien slegs groei in hernieubare energie vanjaar teenoor ’n skerp val in die gebruik van ander energiebronne te midde van die Covid-19-pandemie. Foto: Reuters

“Die val in die vraag na bykans alle brandstof is verstommend, veral vir steenkool, olie en gas,” sê dr. Faih Birol, uitvoerende direkteur van die IEA, Donderdag in ’n verklaring.

Oliepryse het Donderdag skerp gestyg – met 9,4% tot $24,68 per vat vir Brent-ruolie en met 13,8% tot $17,15 vir WTI in Amerika namate inperkings in groot ekonomieë stelselmatig gelig word.

“Dis nog te vroeg om die langtermyninvloed te bepaal, maar die energiebedryf wat uit hierdie krisis te voorskyn tree, sal aansienlik anders lyk as die een tevore.”

Energievraag sal vanjaar met 6% val – sewe keer meer as ná die 2008-resessie, voorspel die IEA-oorsig.

Die patrone van energieverbruiksvlakke op weeksdae lyk tans soos wat Sondae gelyk het voor die pandemie, wys die oorsig.

Die vraag na elektrisiteit sal vanjaar met 5% val, wat die grootste val is sedert die Groot Depressie in die 1930’s.

Dit is net hernieubare energie wat vanjaar gaan groei, voorspel die IEA.

Dis nog te vroeg om die langtermyninvloed te bepaal, maar die energiebedryf wat uit hierdie krisis te voorskyn tree, sal aansienlik anders lyk as die een tevore.

Die lande met volle inperkings ervaar tans ’n gemiddelde daling van 25% in energievraag per week, wys die IEA-syfers. Steenkoolvraag daal die skerpste van al die energiebronne.

Olievraag kan vanjaar met 9% val, tot op die verbruiksvlakke wat laas in 2012 gesien is, voorspel die oorsig.

LEES OOK: Petrolprys vir Mei: Só lyk jou besparing nou

Chantal Marx, hoof van aandelenavorsing by FNB Wealth and Investments.
Toekoms van oliepryse

Oliepryse sal oor die volgende paar weke wisselvallig bly weens die onsekerheid oor hoe groot die val in die olievraag weens pandemie-ingrypings werklik is, waarsku Chantal Marx, hoof van aandelenavorsing by FNB Wealth and Investments.

Marx glo die olieprys sal eers volhoubaar herstel wanneer dit duideliker word oor wanneer ekonomiese aktiwiteite na normaal sal terugkeer namate inperkings en sosiale distansiëring gestaak word.

Aan die aanbodkant is die getal aktiewe oliebore in Amerika skerp aan die daal, en onderhandel Amerika, Rusland en die Organisasie van Petroleumuitvoerlande oor verdere produksieperke. Die risiko vir geopolitieke spanning in die Midde-Ooste is ook aan die verhoog. Marx beklemtoon dit is al vir dekades ’n bron van opwaartse druk op die olieprys.

Meer oor:  Olieprys  |  Koronavirus  |  Olie  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Brent-Ruolie  |  Groenkrag  |  Diesel  |  Energie  |  Windkrag Sonkrag  |  Covid-19  |  Iea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.