Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Guptas-prokureur: Daar gaan nie veel kom van Eskom-eis
Rudi Krause, die Guptas se regsverteenwoordiger. Foto: BDK Attorneys

Die Gupta-familie se prokureur dink nie veel van Eskom se eis teen sy kliënte nie.

Dit is duidelik uit Rudi Krause van BDK Attorneys se reaksie op die kragreus se besluit om sy kliënte en verskeie voormalige direkteure van Eskom vir R3,8 miljard te dagvaar.

Krause beskryf die dagvaarding as “onverstaanbaar” en “sonder twyfel een van die swakste wetlike dokumente wat ek nóg gesien het”.

Eskom het op 3 Augustus ’n aansoek om ’n dagvaarding by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om dié geld van onder andere sy voormalige werknemers Brian Molefe, Anoj Singh, Matshela Koko, Suzanne Daniels, dr. Ben Ngubane, Chwayita Mabude en Mark Pamensky terug te eis.

Die ander verweerders in die saak is Mosebenzi Zwane, voorheen minister van minerale bronne, Tony, Atul en Ajay Gupta, en hul sakevennoot Salim Essa.

LEES OOK: Dís Eskom se probleem met Molefe, Singh en ander

Krause wou nie enige verdere kommentaar oor die kwessie aan Netwerk24 lewer nie.

Hy sê by navraag hy volstaan met die kommentaar wat hy reeds aan ander media gegee het.

Krause het aan Business Day gesê dit is “hoogs onwaarskynlik” dat die saak ooit die binnekant van ’n hof sal sien.

Die eise hou verband met die Gupta-maatskappy Tegeta Exploration & Resources se verkryging van die Optimumsteenkoolmyn in 2016.

Meer oor:  Eskom  |  Guptas  |  Optimum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.