Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Gwede stuur versoek uit vir vinnige, goedkoop krag
'n Kragkrisis dreig in Suid-Afrika. Foto: Bloomberg

Die departement van minerale bronne en energie het soos die minister, Gwede Mantashe, beloof het, Vrydag ’n versoek uitgereik vir inligting oor kragopwekkingsopsies vir tussen 2 000 en 3 000 MW wat so gou moontlik en so goedkoop moontlik gebou kan word.

Dit kom te midde van Eskom se huidige kragkrisis wat Maandag ’n toppunt bereik het toe fase-6-beurtkrag skielik aangekondig is.

Dié versoek om inligting is al vroeër genoem as deel van die nuwe geïntegreerde hulpbronplan (IRP) wat Suid-Afrika se bloudruk vir kraglewering tot en met 2030 moet uitspel. Maar Mantashe het tot dusver gesloer om die daad by die woord te voeg.

Volgens sy departement is die versoek om inligting vir die ontwerp van ’n kragaankoopprogram vir risikoverligting.

Dit is om die huidige kragtekorte op kort tot medium termyn aan te vul. Eskom het vandeesweek gesê hy kort eintlik 5 000 MW se ekstra kragopwekking.

Volgens die departement moet aanbiedings teen einde Januarie ingedien word. Inligting oor die versoek om inligting is op die webblaaie www.ipp-projects.co.za of www.energy.gov.za of www.dmr.gov.za.

Die departement sê hy soek innoverende kragoplossings wat so gou moontlik aan die netwerk gekoppel kan word. Voorstelle van bestaande projekte, projekte wat tans in aanbou is asook nuwe projekte van alle tegnologieë sal oorweeg word.

Kragkoopkontrakte van 3, 5, 10, 15 en 20 jaar sal gebied word, en projekte moet binne 3 tot 6 maande of binne 6 tot 12 maande ná goedkeuring al krag aan die netwerk kan lewer.

Meer oor:  Eskom  |  Gwede ­Mantashe  |  Elektrisiteit  |  Staatsinstellings  |  Kragopwekking  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.