Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Hernubare energie kan SA 120 000 poste kos

’n Strewe om Suid-Afrika se elektrisiteitsverskaffing na hernubare energie om te skakel, kan beteken dat minstens 120 000 werkgeleenthede by steenkoolmyne en kragstasies sal verdwyn, sê ’n navorsingsadviesburo.

eskom
Die son begin sak oor baie van Eskom se ouer kragstasies. Foto: Elvira Wood

Die oorgang kan die ekonomiese aktiwiteite bedreig in vier munisipaliteite wat saam meer as 2,3 miljoen inwoners het. In die munisipale gebied van Emalahleni maak steenkoolverwante aktiwiteite 44% van die ekonomie uit. Die grootste deel van die land se steenkool word ontgin in die munisipale gebiede in Mpumalanga.

“Omdat die munisipaliteite so afhanklik is van die aktiwiteite van die steenkoolwaardeketting, sal dit ’n groot leemte laat,” het Muhammed Patel, ekonoom van Trade & Industrial Policy Strategies, Dinsdag op ’n webinaar gesê.

“Dit is ’n groot bekommernis gegewe ons hoë vlakke van werkloosheid, ongelykheid en armoede.”

Suid-Afrika se elektrisiteit kom hoofsaaklik van kragstasies wat steenkool gebruik. Baie van hulle is egter al dekades oud en daar is druk om hulle eerder te vervang met opwekkers wat alternatiewe soos sonenergie gebruik.

Steenkoolmyne en kragstasies is meer arbeidsintensief as aanlegte vir hernubare energie. Mpumalanga sal dan ook met ander provinsies moet meeding wanneer dit by die verskaffing van energie kom, omdat ander soorte aanlegte suksesvol in ander provinsies gebou kan word.

Veral die Noord-Kaap met sy droër klimaat en helder lug is ideaal vir sonkrag.

“Die oorgang na ’n ekonomie waar minder koolstof gebruik word, sal die struktuur van die ekonomie en die impak op die werkersklas verander,” sê Pulane Mafoea-Nkalai, ’n senior navorsingspesialis by die Sam Tambani Navorsingsinstituut.

Die instituut is verbonde aan die vakbond NUM.

Eskom sê hy sal steeds plan maak om alternatiewe werkgeleenthede vir werkers te skep met behulp van sy program Just Energy Transition.

“Die program is Eskom se plan om te verseker dat die gemeenskappe wat Eskom die afgelope 100 jaar ondersteun het, nie net agtergelaat word wanneer die ouer kragstasies uit diens gestel word nie,” sê Eskom in ’n e-pos aan Bloomberg.

Eskom sê hy gaan kyk hoe die kragstasies vir ander ekonomiese moontlikhede gebruik kan word, juis om die plaaslike ekonomieë toe te laat om te groei, selfs al sluit die kragstasies.

Meer oor:  Eskom  |  Emalahleni  |  Mpumalanga  |  Kragstasies  |  Steenkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.