Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Hier is die 9 besluite in Gwede se kragplan
Gwede Mantashe, minister van mineralebronne en energie. Foto: Nelius Rademan

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, en sy amptenare kon Vrydag in Pretoria nie duidelike antwoorde gee op gedetailleerde vrae van die media oor die geïntegreerde hulpbronplan (IRP2019) wat pas bekend gemaak is nie.

Maar met ’n nadere lees van die plan is nege punte wel opgediep waarna sy departement in aanloop tot die langverwagte bekendmaking van die plan verwys het:

1. Die regering gaan onmiddellik ’n mediumtermyn kragaaankoopprogram begin om reserwevermoë te skep om Eskom se verswakkende prestasie aan te vul en om te verhoed dat Eskom sy duur dieselkragstasies so baie hoef te gebruik.

2. Die Koeberg-kernkragstasie se leeftyd sal met nog 20 jaar verleng word, en die nodige tegniese en regulatoriese werk wat dit vereis moet onmiddellik begin.

3. Eskom gaan finansieel en wetlik gesteun word om te voldoen aan die minimum standaarde van besoedelingsvrystellings, met inagneming van energiesekerheid en die impak op die ekonomie.

4. ’n Span gaan saamgeroep word om binne ’n jaar ’n billike oorgangsplan op te stel. Dit verwys na hoe gemeenskappe en arbeid gehelp kan word namate al hoe meer steenkoolkragstasies sal moet sluit.

5. Die huidige jaarlikse perke op die bou van nuwe wind- en sonkrag moet behou word hangende ’n verslag oor bogenoemde billike oorgangsplan.

6. Die ontwikkeling van steenkool vir kragopwekking moenie heeltemal gestaak word nie, maar dit moet tot ’n billike oorgang bydra.

7. Alle diesel-aangedrewe kragstasies soos dié van Eskom en ander private kragprodusente moet na gas oorskakel om die ontwikkeling van gasinfrastruktuur te steun.

8. ’n Kernkragbouprogram vir 2 500 MW moet onmiddellik begin word vir ingeval die Inga-projek vir hidroëlektrisiteit uit die Demokratiese Republiek van die Kongo misluk, en omdat die land op die langtermyn nie spyt sal wees dat hy bykomende kernkrag ontwikkel het nie.

9. Suid-Afrika moet strategiese kragprojekte in buurlande steun sodat meer elektrisiteit oor landsgrense heen versprei kan word wat tot die streek se kragpoel kan bydra.

Meer oor:  Eskom  |  Gwede Mantashe  |  Kragvoorsiening  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.