Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Hier kan jy jou stem dik maak oor kragpryse

Openbare sittings waar die publiek en belanghebbers hul mening kan lug oor Eskom se jongste terugwerkende tariefaansoek, begin op 3 Februarie in Kaapstad.

Nersa hou in Februarie openbare sittings oor Eskom se terugwerkende tariefaansoek vir 2018-'19. Foto: The Conversation

Dié tariefaansoek is ’n sogenaamde aansuiweringsrekening-aansoek (RCA); ’n meganisme van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) wat Eskom toelaat om vir ’n hoër inkomste te vra as hy sien die markfaktore waarop hy sy aanvanklike tariefaansoek gegrond het, het so verander dat sy inkomste wesenlik laer as verwag is.

Eskom stry reeds met Nersa in ’n hofsaak oor drie RCA-aansoeke van vorige boekjare – van 2014 tot 2017.

Die RCA-aansoek waaroor die openbare sittings gaan is vir die 2018-’19-boekjaar, en Eskom vra in sy aansoek vir R27,3 miljard se ekstra inkomste.

Eskom voer aan hy moes in die 2018-’19-boekjaar meer bestee aan steenkool, diesel, instandhouding en salarisse as wat hy verwag het hy sou toe hy sy gewone tariefaansoek vir daardie jaar gedoen het. Nersa het Eskom in daardie jaar ’n tariefverhoging van 5,23% toegestaan.

Die energiekonsultant Ted Blom is besig met ’n burgerlike veldtog om Eskom se hofsake teen Nersa teen te staan. Volgens hom kan kragtariewe met 16% per jaar oor die volgende drie jaar styg as Eskom die hofsake wen. As Eskom sy sin kry met die jongste RCA-aansoek vir 2018-’19 wil hy hê Nersa moet die ekstra inkomste weerspieël in die tariewe vir 2020-’21 en 2021-’22.

Nersa het verlede jaar tariefverhogings van onderskeidelik 9,41%, 8,1% en 5,22% oor die volgende drie boekjare goedgekeur.

Die openbare sittings word op die volgende dae van 09:00 tot 17:00 hier gehou:

3 Februarie - Cape Sun Hotel in Strandstraat, Kaapstad

5 Februarie - Protea Hotel Marine Drive in Somerstrand, Port Elizabeth

6 Februarie - Olive-konferensiesentrum, Somtseuweg, North Beach, Durban

10 Februarie - Protea Hotel Marriott, Klerksdorp

12 Februarie - Garden Court, Dutoitspanweg 120, Kimberley

14 Februarie - Bon Hotel, Bloem Plaza, Bloemfontein

17 Februarie - Hotel Promenade, Nelspruit

19 Februarie - Park Inn Radison, Polokwane

21 Februarie - Sierra Burgers Park Hotel, Pretoria

Meer oor:  Eskom  |  Kragtariewe  |  Nersa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.