Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Hoë risiko vir beurtkrag Woensdag

Laai maar oornag jou selfoon of koop brandstof vir jou kragopwekker as jy een het.

Die risiko van beurtkrag Woensdag is hoog.

Eskom het Dinsdagmiddag laat gewaarsku die risiko vir beurtkrag Woensdag “het toegeneem”. Geen fase is aangekondig nie, en Eskom sê hy kan “op kort kennisgewing” beurtkrag instel.

Altesame 15 646 MW se opwekkingsvermoë is buite werking. Daarvan is 10 686 MW onbeplande probleme en 4 778 MW is geskeduleerde instandhouding.

Eskom waarsku gereeld dat enige gebrek aan opwekkingsvermoë bo 9 500 MW die risiko vir beurtkrag laat opskiet, na gelang van die vraag na krag.

Eskom pleit in sy verklaring opnuut dat mense krag spaarsaam gebruik om beurtkrag te help afweer.

Sondag was die vorige keer dat Suid-Afrika beurtkrag gehad het.

Die nutsmaatskappy maan ook weer dat beurtkrag nog minstens 18 maande ’n werklikheid sal bly terwyl verouderende kragstasies se eenhede om die beurt vir instandhouding afgeskakel word.

’n Omvattende instandhoudingsplan is onlangs deur André de Ruyter, nuwe uitvoerende hoof, aangekondig nadat behoorlike instandhouding die afgelope dekade afgeskeep is.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.