Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Hof gee Molefe 3de keer pak oor die sowat R30 m.
Brian Molefe toe hy nog uitvoerende hoof van Eskom was.

Die aansoek om verlof tot appèl van Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, is Woensdag die derde keer met ’n bestraffende kostebevel van die hand gewys.

Dit kom nadat Molefe op 1 November ’n hersieningsaansoek ingedien het.

Dit spruit uit die hofsaak wat die vakbond Solidariteit teen

Molefe aanhangig gemaak het om hom te probeer dwing om die pensioengeld aan Eskom terug te betaal wat hy reeds van die kragreus ontvang het nadat hy in November 2016 daar weg is.

’n Volbank regters van die hooggeregshof het vroeër bevind dat sy reusagtige pensioenuitbetaling van sowat R30 miljoen onregmatig was.

Die hof het Molefe, wat in daardie stadium nog nie die volle bedrag ontvang het nie, beveel om die geld wat hy wel reeds ontvang het, terug te betaal en gelas dat hy ook vir die koste van die hofsaak verantwoordelik is.

Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van die energiebedryf in Solidariteit, het gesê die feit dat Molefe se appèl-aansoeke nog elke keer misluk het, bewys dat hy geen kans op sukses het nie.

“Molefe is besig om homself in ’n hoek te dryf in ’n poging om die gereg te omseil, en ’n mens kan net so lank agter hofprosesse skuil,” het Reyneke bygevoeg.

Meer oor:  Solidariteit  |  Eskom  |  Brian Molefe  |  Hof  |  Pensioen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.