Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Hofsaak kom oor swaeldioksied in lug
Eskom se Lethabo-kragstasie in Limpopo.

Die Suid-Afrikaanse regering word deur ’n hofsaak in die gesig gestaar omdat hy laat in 2018 besluit het om wetgewing te verander oor hoeveel swaeldioksied deur kragstasies en raffinaderye vrygestel mag word.

groundWork, ’n organisasie wat op omgewingsbewaring fokus, het ’n aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.

Hy kla Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsake, en pres. Cyril Ramaphosa daarvan aan dat hulle die wet oortree het deur nie die wysiging vir kommentaar beskikbaar te stel voordat die veranderings gemaak is nie.

Die wysiging is tot voordeel van Eskom met sy steenkoolkragstasies en Sasol wat brandstof en ander chemikalieë uit steenkool vervaardig.

“As die hof met groundWork saamstem, gaan maatskappye soos Eskom en Sasol waarvan die bedrywighede baie swaeldioksied vrystel, vinnig ’n plan moet maak om hul besoedeling te verminder. Dit sal beduidende kapitaalinvestering vereis,” sê die organisasie.

groundWork word deur die Sentrum vir Omgewingsregte se prokureurs verteenwoordig.

Suid-Afrika maak meestal op steenkool staat wat betref kragopwekking.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, wou nie kommentaar lewer nie.

groundWork sê die perk van 1 000 mg swaeldioksied/m³ lug is beduidend meer as wat in lande soos China en Indië toegelaat word.

Die groep sê swaeldioksied lei tot ’n verhoogde voorkoms van lae geboortegewig by babas en doodgebore babas.

Dit dra volgens hom ook by tot suurreën.

groundWork sê in sy beëdigde verklaring dat sowat 25 aanlegte landwyd deur dié wetgewing geraak word.

Sappi en Mondi, wat albei papier en pulp produseer, word ook hierdeur geraak. – Bloomberg

Meer oor:  Groundwork  |  Sasol  |  Eskom  |  Hofsaak  |  Lugbesoedeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.