Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Hoof van Eskom se tesourie bedank

Nog ’n topbestuurslid van Eskom het bedank op ’n kritieke tydstip waarin Eskom sy finansies moet uitpluis.

André Pillay
André Pillay, Eskom se tesourier.

André Pillay, groeptesourier van Eskom, gaan einde Augustus die staatsbeheerde kragmaatskappy verlaat.

Hy werk sedert 2011 by Eskom, toe hy as senior bestuurder vir finansiering by die tesourie-afdeling aangestel is. Hy is in September 2016 tot hoofbestuurder (groeptesourier) bevorder.

Calib Cassim, finansiële hoof van Eskom, het in ’n verklaring gesê die rol van groeptesourier is van kritieke belang vir Eskom, en hulle het daarom vir Pillay gevra om nog vir die volgende twee maande aan te bly om vir ’n gladde oorgang en sakekontinuïteit te sorg.

Eskom se tesourie-afdeling hanteer onder meer die uitreiking van Eskom se skuldbriewe en effekte wat op die JSE se effektebeurs verhandel word, en speel dus ’n kritieke rol om te sorg Eskom het toegang tot voldoende finansiering.

Eskom het tans skuld van meer as R440 miljard, en sowat 70% word deur staatswaarborge gedek. Eskom se skuld word as die grootste enkele risiko vir Suid-Afrika se staatsfinansies beskou.

Die tesourie-afdeling sal na verwagting nou betrokke wees by enige van die beoogde opsies om Eskom se geldsake te verbeter. Onder die voorstelle wat glo oorweeg word, is dat Eskom se effekte wat deur die Openbare Beleggingskorporasie besit word in aandele omgeskep word of dat die staat van Eskom se skuld oorneem.

Meer oor:  Eskom  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.