Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Hoof, voorsitter van Necsa glo stil-stil weg
Kernenergiekorpoarasie van Suid-Afrika (Necsa) waar die NTP-vervaardigingseenheid gevestig is wat radioaktiewe isotope vir mediese gebruik vervaardig.

Die uitvoerende hoof en die voorsitter van die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa) is glo stil-stil uit hul poste verwyder.

Gwen Ngwenya, beleidshoof van die DA en lid van die parlement se staande komitee oor finansies, het in ’n verklaring gesê dit het onder hul aandag gekom dat Jeff Radebe, minister van energie, vir Phumzile Tshelane, uitvoerende hoof, en dr. Kelvin Kemm, voorsitter, na bewering uit hul poste verwyder het.

Sy gaan aan hom skryf om te bevestig of dit die geval is en om redes daarvoor te vra.

Intussen het Radebe bekend gemaak hy hou Vrydag om 12:00 ’n nuuskonferensie oor die verwikkelingie by Necsa.

Netwerk24 het Dinsdag berig Kemm en Tshelane ontken hulle het met regstappe begin om te keer dat Radebe hulle en ander direkteure uit hul poste verwyder.

Die korporasie se mandaat is om navorsing oor atoomenergie en kernbestraling te bevorder.

Sy erken daar was talle probleme met swak bestuur, “maar Suid-Afrikaners moet weet op grond waarvan die mense uit die poste verwyder is”.

Volgens haar moet spesifiek uitgevind word of ’n buitelandse onderneming betrokke is by ’n transaksie wat

NTP Radioisotopes SOC Bpk. betrek. Dít is ’n filiaal van die Necsa en wat sy hoofkantoor by Pelindaba naby Pretoria het. Vrae sal gevra word oor wie daarby kan baat vind.

.

Meer oor:  Aek  |  Atoomenergiekorporasie  |  Phumzile Tshelane  |  Kelvin Kemm  |  Kernkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.