Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Ingryping by petrol sal staatskas niks kos – Radebe

Die ingryping by die brandstofpryse in September sal nie enige koste vir die staatskas inhou nie, het Jeff Radebe, minister van energie, Woensdag beklemtoon.

Jeff Radebe, minister van energie, praat Woensdag by die opening van die Africa Oil & Power-konferensie in Kaapstad. Foto: Francois Williams

Hy het ten tyde van die opening van die Africa Oil & Power-konferensie gesê stabiele oliepryse is nodig om ekonomiese groei aan te help en aan armes toegang tot energie te gee.

Meer as 600 miljoen mense in Afrika het nie toegang tot moderne energie-opsies nie.

Suid-Afrika as olie-invoerder is uitgelewer aan die olieprys se dollarwaarde, en brandstofpryse het in net vyf maande met sowat R1,50 per liter gestyg, het Radebe gesê.

Afrikalande behoort saam te werk om olie-sentra te ontwikkel wat ’n hele streek kan benut, want dit sal nie sin maak vir ’n klein land om sy eie olieraffinadery te bou nie. Dit is in die konteks van PetroSA se oorspronklike planne om ’n nuwe olieraffinadery by Ngqura in die Oos-Kaap te bou. Dié planne het intussen in die vergetelheid verdwyn.

Radebe het afgevaardigdes van olie- en gasmaatskappye van oor Afrika heen daaraan herinner dat Suid-Afrika pas ’n nuwe energieplan bekend gestel het wat sterk op aardgas sal steun. Die bewese gasreserwes in Afrika is genoeg vir meer as al Afrika se energiebehoeftes, het Radebe gesê.

Suid-Afrika berei voor vir beleggings in aardgas-infrastruktuur soos vloeibare-aardgas-invoergeriewe, gas-opgaartenks en pypleidings om gas na die verbruikers te voer.

Suid-Afrika hoop die ontdekking van reuse-aardgasreserwes in die Rovuma-kom in die see aan die kus van Mosambiek sal bydra tot gaslewering in die streek. Ook Botswana het aansienlike reserwes van steenkoolbed-metaangas. Dit is aardgas wat vasgevang is in steenkoollae wat nie noodwendig vir steenkool ontgin kan word nie.

Afrikalande moet egter leer om nouer saam te werk wat regulering en handel betref om die kontinent se olie- en gasreserwes behoorlik te benut tot voordeel van alle inwoners, het Radebe beklemtoon.

Meer oor:  Jeff Radebe  |  Olie  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Diesel  |  Minister Van Energie  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.