Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
IT-stelsel kinkel in kabel vir Eskom se ontknoping

Eskom se IT-stelsel kan óf die speek in die wiel wees vir sy ontknoping, óf dit kan die proses versnel en dit boonop goedkoper maak.

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het vroeër in Augustus gesê die kragreus hoop om sy ontknoping in drie afsonderlike eenhede vinniger te bewerkstellig as waarop voorheen gereken is.

LEES OOK: DA: Eskom kon reeds ontknoop gewees het

Die skepping van rekenaar- en ander ondersteuningstelsels het ’n groot impak op Eskom se ontknoping. Foto: Pixabay

De Ruyter het op 11 Augustus in ’n vraag-en-antwoord-sessie wat deur die Kaapstad Persklub aangebied is, gesê Eskom wil sy aandeelhouer, die staat, nader om te hoor of dié proses versnel kan word.

De Ruyter sê direksies is reeds vir die drie dele – kragopwekking, transmissie en verspreiding – geskep.

Hy het voorheen aangekondig dat Bheki Nxumalo (transmissie), Segomoco Scheppers (kragopwekking) en Monde Bala (verspreiding) as die uitvoerende direkteure van die onderskeie dele aangestel is.

Netwerk24 het in reaksie op De Ruyter se stelling navrae aan Eskom gerig oor wat gebeur het dat daar nou gehoop word dat die proses bespoedig kan word. Dit volg nadat De Ruyter juis in Junie aan die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê het dat die proses met sowat nege maande vertraag is en dat dit eers teen Maart 2022 afgehandel sal wees.

LEES OOK: Spertye skuif aan vir Eskom-verdeling

Eskom sê in ’n antwoord op Netwerk24 se vrae hy oorweeg nou planne oor hoe die nuwe transmissie-afdeling dieselfde IT- en ander ondersteuningstelsels as die res van Eskom kan gebruik, selfs ná die ontknoping.

Eskom verduidelik sou ’n aparte stelsels vir die transmissie-afdeling ontwikkel moes word, dit nie net die ontknoping tot minstens Maart 2022 kan vertraag nie, maar dit sal ook baie duur wees.

As die nuwe plan aanvaar word oor hoe dié en ander ondersteunende infrastruktuur gedeel kan word, sal dit die hele proses versnel en kan die transmissie-afdeling teen Desember 2021 wettig van die res van Eskom ontknoop wees.

Eskom waarsku egter in sy antwoord selfs al sóú die regering die plan goedkeur, is daar steeds verskeie ander kwessies wat die ontknoping kan vertraag.

Die aanvanklike spertye wat die departement in November 2019 vir die ontknoping gestel het, is as volg:

  • Desember 2020: Funksionele skeiding van transmissie-afdeling;
  • Junie 2021: Funksionele skeiding van verspreiding- en opwekkingsafdeling;
  • Desember 2021: Wettige skeiding van transmissie-afdeling; en
  • Desember 2022: Wettige skeiding van verspreiding- en opwekkingsafdeling.

Die DA se Natasha Mazzone sê as die staat al jare gelede na die DA geluister het, kon Eskom al lankal in kleiner dele verdeel gewees het.

Daar is tans geen planne van die staat om enige van die drie dele te privatiseer nie.

Meer oor:  Eskom  |  André De Ruyter  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.