Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom: R20 mjd. onreëlmatig bestee
Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom se direksie.Foto: Elvira Wood

Regstelling: Die vorige opskrif op die berig, ‘R20 mjd. onreëlmatig bestee - in 1 jaar!’ was verkeerd. Onreëlmatige besteding wat na 2012 teruggevoer kan word, is vanjaar vir die eerste keer in Eskom se jaarsyfers ingesluit. Dit beloop altesame byna R20 miljard.

Die nuwe Eskom-direksie “gaan hierdie kas skud totdat al die geraamtes uitval,” sê Jabu Mabuza, voorsitter.

Mabuza het Maandagoggend Eskom se jaarresultate vir die jaar tot einde Maart aan die media by sy hoofkantoor in Woodmead, Johannesburg, voorgelê.

Daarvolgens het Eskom ’n voorbelaste verlies van R2,6 miljard gely.

Lees ook: Eskom ly verlies van R2,6 miljard

“Ek weet egter nie of ons ooit al die geraamtes uit dié kas gaan kan skud nie,” het Mabuza net daarna gesê.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, is ook teenwoordig.

Mabuza het baie klem daarop geplaas dat die resultate gekwalifiseer is.

Dit beteken die ouditeure, in dié geval SizweNtsalubaGobodo, waarborg nie dat die inligting daarin noodwendig volledig is óf dat die korrekte rekenkundige metodes, soos wat deur die Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde (IFRS) vereis word, gevolg is nie.

Mabuza sê ’n groot rede vir dié gekwalifiseerde oudit is onreëlmatige uitgawes.

“Ons het vanjaar teruggegaan tot 2012 en alle onreëlmatige uitgawes ingesluit,” sê Mabuza.

Onreëlmatige uitgawes op Eskom se finansiële state het van R3 miljard in 2017 tot R19,6 miljard in 2018 gestyg.  (Die R19,6 miljard is onreëlmatige besteding sedert 2012 en nie net vir die 2018-boekjaar nie.)

“Die vraag is natuurlik hoe ver ons in die verlede moet teruggaan. Gaan ons 95 jaar terug, toe Eskom begin het, tot 1994, of tot wanneer?

“Iewers moet ons die streep trek en dan vandaar begin vorentoe werk,” sê hy.

“Die skade is nie oornag aangerig nie, so dit kan nie oornag reggemaak word nie.

“Ons gaan die pyn op kort termyn moet verduur om die Eskom van die toekoms te kan skep,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.