Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Jongste gasontdekking ‘skuif grense’ – Gwede

Total se jongste gasvonds in die Suid-Kaap word deur Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, as grensverskuiwend beskryf.

David Maynier (tweede van links), Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, in Augustus in die Kaapse hawe saam met verteenwoordigers van AfriShore Drilling wat Total se boorprogram aan die Suid-Kaapse kus namens die Franse oliegroep bestuur. Dit was toe die olieboor Deepsea Stavanger in die hawe was vir ’n bemanningsaflos. Die Bourbon Calm in die agtergrond is een van die steunvaartuie.

“Ons glo sterk dit sal ons projekte verder steun om ons nasionale brandstofmaatskappy te vernuwe,” het hy in ’n verklaring gesê met verwysing na die staat se strategie om PetroSA met iGas en die Strategiese Brandstoffonds te laat saamsmelt om ’n enkele nasionale oliemaatskappy te vorm.

Total se eksplorasieprojek aan die Suid-Kaapse kus sal R1,5 miljard se belegging lok, en het 195 werkgeleenthede geskep vir Suid-Afrikaanse ingenieurs, vlieëniers en mariene spesialiste, asook petroleumgeoloë en oseanograwe, het Mantashe gesê.

Hy hoop dis net die begin van nog sulke beleggings in die olie- en gaseksplorasiesektor. Volgens hom sal die wetsontwerp vir stroomop petroleumontwikkeling binnekort afgehandel word, wat regulatoriese sekerheid vir die bedryf sal gee.

David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, het ook die nuus verwelkom. Maynier sê hy was in Augustus by toe die bemanning van Total se olieboortoring in die gebied, die Deepsea Stavanger, mekaar afgelos het.

Die jongste ontdekking is ’n vertrouensinspuiting vir die plaaslike bedryf en goeie nuus vir die Tuinroete en die Wes-Kaap se ekonomie, het Maynier gesê.

Die Deepsea Stavanger behoort aan Odfjell Drilling van Noorweë. Die boorprogram wat tussen 180 en 300 dae sou duur, word namens Total deur AfriShore Drilling bestuur.

Die term “grensverskuiwend” is laas ook ruim gebruik deur een van Mantashe se voorgangers, Susan Shabangu, toe sy in 2013 verwys het na die potensiaal vir die ontginning van skaliegas in die Karoo.

total

Meer oor:  Total  |  Gwede Mantashe  |  Gas  |  Energie  |  Aardgas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.