Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kaapse kamer waarsku oor beurtkrag se impak op sakevertroue

Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid is geskok deur die skielike toename in beurtkrag, het die kamer Maandagmiddag in ’n verklaring gesê.

Janine Myburgh, president van die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid. Foto: PAARL POST

“Hoe is dit moontlik dat ses kragopwekkingseenhede op dieselfde tyd afgaan,” het Janine Myburgh, president van die kamer, gesê.

“Dit is net te toevallig en ons moet vra of dit nóg ’n geval van sabotasie is,” het Myburgh gesê.

Verlede jaar het sabotasie die skuld gekry vir ’n vlaag beurtkrag nadat ’n loonstaking by Eskom gewelddadig geraak het. Maar, sê Myburgh, die vorm wat die sabotasie aangeneem het, is nooit aan die publiek verduidelik nie buiten om te sê werkers het verhoed dat steenkool by kragsentrales afgelewer word.

“Fase 4-beurtkrag is baie ernstig. Dit sal handelsbedrywighede en nywerhede raak. Dit sal ook die werk van ander werkers in veral swaarnywerhede raak. Dit is tyd dat werkers wie se poste geraak word, hul stem laat hoor.”

Ek kan sien buitelandse beleggers sal hierdeur afgeskrik word en elders na beleggingsgeleenthede soek.
Janine Myburgh

Myburgh waarsku die nuwe krisis sal sakevertroue raak. “Ek kan sien buitelandse beleggers sal hierdeur afgeskrik word en elders na beleggingsgeleenthede soek.”

Die kragkrisis kom boonop in die middel van die toeristeseisoen, en in ’n kritieke tyd vir die landbousektor, wat twee van die Wes-Kaap se belangrikste bedrywe is.

Op lang termyn beteken dit ook al hoe meer sakeondernemings en huiseienaars sal besluit om alternatiewe krag-opsies te soek om minder afhanklik te wees van Eskom. Dit sal tot verdere probleme vir Eskom en sy personeel sal lei, sê Myburgh.

Meer oor:  Eskom  |  Janine Myburgh  |  Beurtkrag  |  Sakevertroue  |  Beleggings  |  Nywerhede  |  Steenkoolkragstasies  |  Sabotasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.