Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kernkrag-baas bedank ná net 7 maande
Dr. Rob Adam, voorsitter van die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa). Foto: Jaco Marias

Dr. Rob Adam, wat in Desember verlede jaar as nuwe voorsitter van die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa) aangestel is, het pas bedank.

Businesslive het Maandagmiddag berig Adam het bedank.

Hy het gesê hy het bedank weens die uitdagende aard van die werk.

Necsa is die afgelope jaar of wat onder druk weens bestuursprobleme, die jaar lange onderbreking van produksie by sy filiaal NTP Radioisotopes, en skynbare ernstige verskille tussen Jeff Radebe, vorige minister van energie, en die vorige topbestuur en voorsitter van Necsa.

Radebe het in Desember vir dr. Kelvin Kemm verwyder uit sy pos as voorsitter by Necsa. Die res van die Necsa-direksie is ook in die pad gesteek. Radebe het terselfdertyd vir Phumzile Tshelane, uitvoerende hoof van Necsa in daardie stadium, geskors hangende ’n ondersoek. Tshelane is in Mei vanjaar afgedank.

Adam was vroeër self uitvoerende hoof van Necsa.

Die korporasie vervaardig mediese radio-isotope wat wêreldwyd uitgevoer word, en is ook verantwoordelik vir die bedryf van die Safari-navorsingsreaktor by Pelindaba.

Onder oudpres. Jacob Zuma, toe die reuse-kernkragprogram nog op die spyskaart was, was die bedoeling dat Necsa ’n groot rol sou speel om Suid-Afrika gereed te kry vir ’n nuwe kernkrag-era. Sy filiaal Pelindaba Enterprises het hoogs gespesialiseerde sertifisering gekry om werk van kernkrag-gehalte te lewer in afwagting op die nuwe kernkrag-bouprogram. Maar toe die program deur ’n beslissing van die Wes-Kaapse hooggeregshof in 2017 stopgesit is, het die filiaal opgeskeep gesit met die duur sertifisering, maar niks om te vervaardig nie.

Die vakbond Nehawu is intussen omgekrap oor Necsa se planne vir herstrukturering wat die werk van tot 400 mense in die slag kan laat bly, het Businesslive berig.

Adam het in Maart in die parlement toegegee Necsa is in ’n krisis, is nie volhoubaar nie en het ’n nuwe sakemodel nodig.

Meer oor:  Necsa  |  Elektrisiteit  |  Staatsinstellings  |  Kernkrag  |  Bedanking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.