Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kernkrag nie met opset uitgelaat – Radebe
Die Koeberg-kernkragsentrale naby Kaapstad is tans Suid-Afrika se enigste kernkragstasie. Foto: Verskaf

Kernkrag is nie met opset uit die regering se geïntegreerde hulpbronplan (IRP) gelaat nie, maar dit en ander kragvermoë is uitgelaat bloot omdat Suid-Afrika se kragvraag nie so sterk soos verwag groei nie, het Jeff Radebe, minister van energie, Dinsdag gesê.

Radebe het ook die gaping van twee tot drie jaar in die plan voordat nuwe wind- en sonkrag ingestel word, probeer verduidelik. Volgens hom sou die gaping vyf jaar gewees het, was dit nie vir die noodsaak om van Eskom se ou steenkoolkragstasies te sluit nie.

Radebe het aan die parlement se portefeuljekomitee oor energie ’n oorsig gegee van die nuwe IRP wat verlede week vir 60 dae se kommentaar uitgereik is.

Die komitee gaan openbare sittings oor die IRP hou, sê Fikile Majola, voorsitter van die komitee.

Volgens Jan Esterhuizen (IVP) is daar nog te veel steenkoolkrag in die IRP. Steenkoolkrag het verskeie ekstra koste soos besoedeling en waterverbruik wat nie ingereken word nie, sê Esterhuizen.

Gavin Davis (DA) wil weet waarom 2 500 MW se hidrokrag van die Inga-projek in die Demokratiese Republiek van die Kongo in die IRP ingedwing is en wat dit sal kos. Hy vra of die gaping in groenkragbelegging nie die momentum in die bedryf gaan ontwrig nie.

Davis het na studies verwys wat wys Eskom kan aansienlike bedrae geld bespaar as hy bloot nie die Kusile- en Medupi-kragstasie heeltemal voltooi nie en wou weet of dié opsie hoegenaamd oorweeg is.

Majola wou ook by Radebe weet wat die waarborg is dat die Inga-projek gaan slaag.

Meer oor:  Eskom  |  Jeff Radebe  |  Elektrisiteitsverskaffer  |  Kragplan  |  Kernkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.