Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kernkragkontrak kan nie dié reëls volg, sê Eskom
Kraglyne naby Grootvlei-kragstasie van Eskom.

Eskom bly toegewy daartoe om die kernkragtender op ’n oop en deursigtige manier en in die beste belang van Suid-Afrika te bestuur, sê Dave Nicholls, hoof van Eskom se kernkragkantoor.

Eskom het gereageer op navrae oor die DA se bewering dat hy gevra het om kwytgeskeld te word van sekere voorskrifte van die nasionale tesourie oor verkrygings.

Nicholls sê Eskom kan bevestig hy het in gesprekke met die verkrygingshoof van die tesourie op 28 Maart aspekte in die huidige regulasies genoem waarvoor hy dalk kwytskelding benodig in die voorgestelde kernkragbouprogram.

Die aspekte hou verband met evaluasiekriteria soos plaaslike inhoud; die verlenging van die geldigheid van ’n bod van 12 weke tot twee jaar; die vereiste van “self-toewysing” ingevolge die departement van handel en nywerheid se regulasies oor plaaslike inhoud; en aspekte oor begroting en finansiering in verkryging ingevolge die tesourie se standaard vir infrastruktuurverkryging en leweringsbestuur (SIPDM).

Laasgenoemde verwys na die SIPDM se sogenaamde “procurement gate 4”. Nicholls sê die noodsaak vir ’n kwytskelding van die SIPDM “procurement gate 4” is om die tenderproses in ooreenstemming te bring met die kabinetsbesluit oor verskaffers se reaksie op die beplande versoek om voorstelle.

Die kabinet wil hê die verskaffers se voorstelle moet inligting bevat wat die grondslag vorm van ’n finansieringsmodel vir kernkrag wat die departement van energie aan die kabinet moet voorlê.

Volgens Nicholls sal die finale begroting- en finansieringskwessies oor die kernkragtender nie afgehandel kan word voordat die versoek om voorstelle uitgereik word nie.

Hy sê die ander kwessie wat met die tesourie bespreek is, is die lewensvatbaarheidstudie wat ’n vereiste van die SIPDM is.

Hy verduidelik die SIPDM het op 1 Julie 2016 van krag geword. Eskom het voor dit al werk gedoen oor die lewensvatbaarheid van nuwe kernkragstasies, en dit was ook voordat die geïntegreerde hulpbronplan van 2010 goedgekeur is.

Nicholls sê die behoefte is bespreek dat die werk wat Eskom tot dusver hieroor gedoen het, aan die objektiewe kriteria van die SIPDM-vereistes voldoen.

Meer oor:  Da  |  Eskom  |  Kontrakte  |  Verkryging  |  Kernkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.