Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kersliggies sal brand, belowe Eskom

Jou Kersliggies sal darem kan brand.

Eskom belowe daar sal krag wees vir kersliggies vanjaar. Foto: iStock

Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, se woordvoerder het Dinsdag gesê beurtkrag behoort van volgende week af en vir die res van Desember eers iets van die verlede te wees.

Die meeste fabrieke sluit volgende week en dit sal kragvraag skerp laat daal, wat Eskom ’n blaaskans kan gee om al sy stukkende kragstasies reg te maak.

Dikgatso Mothae, woordvoerder van Oberholzer, meen ook nie Eskom sal by fase 8-beurtkrag uitkom nie.

Sy het toegegee die breë oorsaak van die huidige vlaag beurtkrag is omdat nagelaat is om vir jare behoorlike instandhouding by Eskom se verouderende steenkoolkragstasies te doen. Eskom werk egter hard om sy 9-punt-herstelplan in werking te stel, wat die situasie sal verbeter, en wat dit onwaarskynlik sal maak dat hy hom tot fase 8-beurtkrag sal moet wend, sê sy.

Fase 6-beurtkrag is Maandagaand ingestel. Dit is wanneer sowat 6 000 MW se krag gesny moet word, en meer mense landwyd nie krag het nie. Fase 8 is wanneer mense net 50% van die tyd krag kry, het Eskom vroeër gesê.

Wat Eskom help keer het om nog verder as fase 6 te skuif, is myne soos die Harmony-goudmyn wat Maandagnag sy nagskof en Dinsdag se dagskof afgeskaf het.

Peter Steenkamp, uitvoerende hoof van Harmony, het bevestig hulle het op versoek van Eskom laat Dinsdagmiddag sy kragverbruik afgeskaal tot die minimum vir nooddienste. Die nagskofwerkers het nie Maandagaand ondergronds gegaan nie, en Dinsdag se dagskofwerkers het ook bogronds gebly.

“Ons sal die skofte hervat sodra Eskom ons kan verseker hy het meer betroubare kragverskaffing,” sê Steenkamp.

Meer oor:  Eskom  |  Kersfees  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.