Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kersvader bring goedkoper petrol - AA

Danksy die dalende tendens in oliepryse kan Suid-Afrikaanse motoriste petrolprysverligting in Desember verwag, sê die Automobiel-Assosiasie (AA).

Die eerste daling in die petrolprys in nege maande word in Desember verwag.

“Ná maande van volgehoue druk op die brandstofprys sal brandstofverbruikers aan die einde van November aansienlike verligting kry as die huidige tendens voortduur,” sê die AA in ’n verklaring.

“Die hoofaandrywer van die laer pryse is ’n versnelde daling in internasionale oliepryse, wat sedert die begin van November in ’n daalfase is. Die prentjie word aangehelp met ’n matige verbetering in die rand-dollar-wisselkoers.”

Die AA voorspel ’n daling van R1,54 per liter vir petrol op die eerste Woensdag van Desember, en ’n daling van 92c vir diesel en 85c vir paraffien, op grond van die jongste ongeouditeerde brandstofprysdata wat die Sentrale Energiefonds uitgereik het.

Ontleding van die jongste syfers toon egter die petrolprys kan selfs met soveel as R1,68 per liter daal en diesel se groothandelprys met R1,10, as die jongste oorverhaling van Woensdag vir die res van die oorsigtydperk tot 29 November gehandhaaf word.

Die AA waarsku die finale syfer kan geraak word deur die herinstelling van die balansheffing, wat in November gekeer het dat Suid-Afrikaners minder vir petrol betaal.

“Brandstofverbruikers moet ook in ag neem die onlangse produksiebeperkings deur Saoedi-Arabië kan tot beperkte olieverskaffing in 2019 lei, wat pryse hoër kan druk,” waarsku die AA.

“Hoewel die huidige brandstofprys-prentjie die rooskleurigste is as wat dit vir ’n hele aantal maande was, is versigtigheid die wagwoord.”

Meer oor:  Aa  |  Olieprys  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.